Ken Jy hulle?
2 April 2008
Ek het op die webtuiste van die Suidafrikaans Oorlogsgrafteprojek op die name van die volgende Hanekoms afgekom. Die indeksnommers verskyn in hakies voor hulle name.
- (3461 Hanekom ,AM. Speurder Konstabel. Oorlede 29 Jan 1952. Motorongeluk. Polisietoekennings vir Dapperheid 1913-1994
- (3468) Hanekom, Johannes Willem. Troep 75556993BG, 2 SA Infanterie. Oorlede 8 Mei 1981. Sneuwel in aksie, Sektor 10, landmyn
- (3463) Hanekom, JC. Korporaal 64186067E, 5 MW U. Oorlede 26 Apr 1975. Verdrink, fratsongeluk Rundu.
- (3469) Hanekom, Pierre. Skutter 81228116BG, 8 SA Infanterie, E Kompanie. Oorlede 12 Nov 1983. Sneuwel in aksie, Claymore mynontploffing.
- (3462) Hanekom, BP. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.
- (3465) Hanekom, Johannes Petrus. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.
- (3466) Pieter Albertus. Burgerlike, Oorlede 16 Mar 1922. Randse Rebellie.
Die nota op die webwerf sê hulle is in die rug geskiet terwyl hulle uit polisiebewaring probeer ontsnap het. 'n Bewering word egter deur John Higginson in sy artikel gemaak dat '..it is also likely that many, like three of the Hanekom brothers, were summarily dispatched by their captors after they were disarmed'
Dit sal waardeer word indien enigeen wat oor meer inligting beskik my kontak
