Geskiedenis : Suid-Afrika
Aan die Kaap
Net so vinnige stukkie agtergrond oor ons herkoms, vir besoekers by hierdie webwerf wat dit nie reeds weet nie.
Volgens inligting wat Pieter Conradie in die skeepssoldyboeke van die VOC gevind het, het ene Joris Hanekoom wat vanaf Lunenburgerlant uit Radelose afkomstig was op 16 Augustus 1706 met die skip Kiefhoek as soldaat aan die Kaap aangekom. Dit was feitlik verseker onse Stamvader Jürgen, want 'Radelose' is net 'n verhollandse vorm van 'Rathlosen', en die gebied waaruit Jürgen gekom het staan tot vandag toe nog bekend as die Lünebürger Heide.
Die term 'soldaat' is ietwat misleidend, want volgens VOC Stamouers is dit 'n rang wat menige dokter, prokureur, landmeter en mense van ander beroepe beklee het nadat hulle teen minimumloon deur die VOC in diens geneem is en na die verskillende VOC basisse verskeep is. Volgens steekproewe uit die tydperk van Jürgen se aankoms aan die Kaap was amper 70% van 'soldate' buitelanders wat by die VOC aangesluit het om haglike toestande in hulle eie lande te ontsnap. Gebeurtenisse soos die 30-jarige oorlog (1618-1648) wat onder andere Noordduitsland swaar getref het, die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 wat veroorsaak het dat die Hugenote Frankryk verlaat het, en soortgelyke gebeure elders, het groot getalle werknemers vir die VOC verskaf.
Volgens navorsers was daar in die periode 1657-1707 ongeveer 528 vryburgers aan die Kaap, waarvan 45 hoër amptenare was, 21 beroepslui (insluitende een houtkapper!), 273 beroepsoldate en 116 seelui.
Uit wat ons van hom weet is dit duidelik dat Jürgen vir niks teruggestaan het nie. Die eerste aanduiding daarvan was sy vertrek op 17 of 18-jarige ouderdom uit Duitsland, ‘n besluit wat sekerlik nie maklik kon wees vir ‘n jong man in ‘n gevestigde land nie.
As houtkapper aan die Kaap, toe nog maar kwalik 50 jaar lank gevestig, moes hy sekerlik ook in taamlik onbetrede gebiede met onsekere gevare ingaan om sy werk te doen, en van die notules van die Beleidsraad aan die Kaap leer ons dat dit maar onrustige tye was, met misdaad en onrus aan die orde van die dag. Feitlik elke notule maak melding van die behoefte aan gewere, buskruit en koeëls wat benodig was om die Burgermag te bewapen.
Jurgen het vanaf sy aankoms tot ongeveer 1712 as houtkapper gewerk, en daarna as een van die beroepsoldate. Volgens beskikbare rekords weet ons hy was in 1713 ‘n korporaal (een van ses) daar in die burgermag, en in Augustus 1715 is hy tot sersant bevorder (een van drie). Hieruit is dit duidelik dat hy 'n bekwame man was, en dat sy vermoëns gou herken is.
Op 12 Maart 1714 het hy van Willem Helot die reg verkry om sy vee te laat wei en graan te saai in die "Witte Valleij" in Drakenstein. (Vgl. R.L.R.1: Oude Wildschutte Boek, 1712-1714, p. 110.) Hierdie was vermoedlik die plaas wat in die volgende jaar aan hom toegeken sou word
In 1715 is ‘n plaas met die naam "de Natte Valleij" aan die westelike voetheuwels van Simonsberg aan hom toegeken. Hy het later ook 'n buurplaas met die naam Lievland teen die hange van Simonsberg by Drakenstein bekom, en later die plaas Moddervlei aan die Olifantsrivier, waar hy in 1739 geboer het. Daar is heelwat inligting oor sy nasate, hoofsaaklik agv die goeie rekordhouding deur die jare oor geboortes, huwelike en sterftes deur verskillende kerke en owerhede.
Asof dit alles nie genoeg was om hom voltyds besig te hou nie, besluit hy om te trou – en nie sommer net met enige vrou nie! Nee, hy kies Johanna van den Boschen wat reeds twee vorige mans oorleef het, en sy bring al haar vorige mans se kinders die huwelik in. Daar is so ‘n bietjie onsekerheid oor hulle troudatum, want amptelike rekords sê dat dit op 11 November 1717 plaasgevind het, Die rekords teken egter ook aan dat Jurgen en Johanna teen daardie tyd reeds self twee kinders gehad het, en die vermoede bestaan dat hulle reeds in 1713 getrou het, ‘n jaar na die afsterwe van Johanna se tweede man, Maurits van Staden.
Hier is ‘n paar verwysings na notules van vergaderings van die VOC se Beleidsraad aan die Kaap van Goeie Hoop wat ‘n interessante insig gee van die gebeurtenisse van die tyd, en Jurgen se kontak met die amptenary
Reference code: C. 33, pp. 108-112
Reference code: C. 36, pp. 95-117
Reference code: C. 37, pp. 46-63
Reference code: C. 84, pp. 11-18
Reference code: C. 110, pp. 53-104
Reference code: C. 209, pp. 145-155
Die Horison Roep
Jurgen was nie die enigste Hanekom wat Duitsland verlaat het nie. Ander familie het na Amerika en Kanada gegaan waar daar ook heelwat Hanekoms te vinde is. In meer huidige tye het baie Hanekoms weer op hulle beurt Suidafrika verlaat en hulle elders gevestig, en so het ek Hanekoms opgespoor in Australië, Nieu Seeland, Namibië, Uganda, die VSA, Saudi Arabië, Nederland en in Engeland, waar ons self nou al agt jaar woon en werk.
Met die loop van jare het Jurgen en sy nasate begin wegtrek uit Drakenstein, en hoofsaaklik in Moorreesburg se omgewing beland, waar die meeste Hanekoms nog steeds te vinde is. Oor my tak van die familie is daar egter nie veel inligting nie. My nuutste navorsing dui aan dat ek afstam van ‘n Hanekom wat saam met een of ander trek in die Karoo beland het (Lady Grey/Aliwal Noord omgewing), en vandaar weggetrek het op soek na groener weivelde. In die proses het hulle in Upington, Hopetown en Kimberley se omgewing beland voordat hulle uiteindelik in Namibië 'n tuiste gevind het.
'n Plek In Die Geskiedenis
Hier is 'n voorbeeld van vertellings oor Hanekoms wat hulle spore in die geskiedenis gelaat het. Soos ek bydraes ontvang, of artikels raakloop, sal hierdie bladsye uitgebrei word.
Coenrad Andries Johannes Hanekom (1864-1952) (Indeks Nr 1999)
Ek weet my oupa Hansie (Johannes Jurgens, Indeks Nr 1979) was op 'n stadium 'n diamantkoper in Kimberley, later onderwyser en skoolhoof in Christiana, en ook burgemeester, winkeleienaar en vrederegter daar. Sy pa, my Oupagrootjie, was Coenrad Andries Johannes Hanekom (1864-1952) (Indeks Nr 1999).
Deel van my soeke en begeerte om die stamregisters op te dateer is om op een of ander manier 'n koppeling te probeer kry met sy voorsate wat uit die Kaap weggetrek het, sodat ek die verbintenis kan deurtrek tot by Jurgen Hanekom. Ek weet nie hoe die Trekkers rekord gehou het van geboortes, huwelike en sterftes nie, want eers toe hulle begin vestig het is daar weer kerke gestig waar sulke inligting normaalweg aangeteken was. Behalwe vir familiename soos Johannes en Jurgens is Coenrad, Andries en vorms daarvan ‘n belangrike deel van my navorsing, want dit is nie name wat baie in die Swartland voorkom nie, maar wel onder die Hanekoms wat noord getrek het.
Ek dink egter ek het ook my oorgrootjie opgespoor, en kon dus daarin slaag om ons tak van die familie aan die stamboom koppel. As die Kaapse Argiewe hulle werk doen mag ek dalk binnekort die dokumentêre bewyse hê om my vermoedes te bevestig. Verder probeer ek nog vasstel waarom hulle weggetrek het, en hoe hulle uiteindelik in die omgewing van Barkly-Wes, Delportshoop, Kimberley en Christiana beland het.
Dirk Jacobus Hanekom
20 September - Boeremag members, Dirk Hanekom and Henk van Zyl, are arrested in Memel, Free State but only Hanekom is charged
Dirk Jacobus Hanekom (b.1956) is a retired colonel from Tempe military base in Bloemfontein and a right-wing extremist who belongs to the Boeremag, an irredentist organization. Hanekom was one of the leaders of the plot to overthrow the South African government with the aim of declaring a Boer republic in 2002. He was arrested on the 20 September 2002 on a farm in the Memel district in the eastern Free State. Hanekom was charged with treason and brought to trial with 21 other alleged members of the right-wing Boeremag at the Pretoria High Court on the 19 May 2003.
Gerhardus Jacobus 'Oom Gert' Hanekom
December 3, 1999 - Web posted at 10:01 a.m. GMT
Hanekom dies
TANGENI AMUPADHI
ONE of Government's financial brains has died. Gerhardus 'Oom Gert' Hanekom passed away in Windhoek yesterday after a long illness.
He was suffering from stomach cancer and a combination of other illnesses. He had undergone a heart bypass several months ago.
At the time of his death Hanekom (69) was Government's advisor on economic affairs and was in charge of the President's Economic Advisory Council that draws together the private and public sectors.
Hanekom filled various Ministerial posts in the wake of Independence - serving as Minister of Environment and Tourism, of Finance and of Agriculture, Water and Rural Development. He joined the National Assembly at the same time.
Hanekom was a chartered accountant and a director of several companies - positions he relinquished because of his direct role in Government.
A former member of the National Party, Hanekom resigned from the party that implemented apartheid and started associating with Swapo in 1988.
President Sam Nujoma's advisor Isaac Kaulinge said Hanekom was liked and respected for his knowledge and experience.
"He will be missed for his knowledge and experience," said Kaulinge. "Definitely he will leave a vacuum."
Kaulinge extended a message of condolence to Hanekom's wife and the bereaved family.
Dankie aan Dr André Hanekom, Oom Gert se seun, vir die volgende bydrae:
"My pa het aan die Dirkie Uys Hoërskool in Mooreesburg matrikuleer toe hy sestien jaar oud was, is in die Kaap by Theron, Van der Poel en Kie opgelei as geoktrooieerde rekenmeester en het weke na my geboorte (14/11/1956) Windhoek toe getrek om hier te kom praktiseer.
Hy was sedert 1957 in private praktyk as geoktrooieerde rekenmeester, eers as venoot van die firma P.J. Malherbe en Kie, en vanaf 1975 onder sy eie naam G.J. Hanekom en Kie. Hierdie praktyk wat hy in 1975 begin het, is vandag die Namibia deel van die internasionaal bekende rekenmeestersfirma Price Waterhouse Coopers.
Met onafhanklikheidswording van Namibia in 1990 het hy op versoek van ons destydse Staatspresident, Dr. Sam Nujoma (wie hy in 1988 in Kabwe, Zambia ontmoet het), sy praktyk verkoop en lid geword van die eerste kabinet van Namibia. Hy was lid van die Nasionale Vergadering van Namibia en het tot hy oorlede is in 1999 die volgende portefuljes beklee: aanvanklik Minister van Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling, toe Minister van Finansies, toe Minister van Natuurbewaring en Toerisme. Hierna is hy aangestel as Spesiale Adviseur van die President oor Ekonomiese Aangeleenthede. Hierdie pos het hy gevul tot hy oorlede is"
Hendrik Andries ‘Tokkies’ Hanekom
Tokkies Hanekom, who played a leading role in Afrikaans theatre, was born in Beaufort West in 1893. His career started with performances at church concerts and auctions throughout the Karoo. By 1925 he was a well-known professional and two years later he launched on of the country’s first and most successful Afrikaans theatre groups. He was also responsible for establishing a theatre school in Bloemfontein. A proposed tour of Europe was stopped by the outbreak of World War II, but his theatre group nevertheless went from strength to strength locally and was the first recipient of the “SA Akademie’s” commemorative medal for dramatic art
