Geslagsregisters Van Verwante Families
Die geslagsregister is nognie volledig met die res van die webwerf integreer nie. As jy op die onderstaande skakels klik mag jy dus wegnavigeer van die webwerf. Beide Firefox en die nuutste weergawe van Internet Explorer bied jou egter die geleentheid om die databasis op ‘n nuwe bladsy binne-in die program oop te maak, en hierdie skakels sal dus telkens oopmaak in 'n sogenaamde 'Tab' wat in 'n ry langs mekaar net bokant hierdie bladsy vertoon sal word. Deur slegs op die 'Tab' te klik kan jy dus na die betrokke bladsy kyk sonder om jou wegspringplek te verloor, wat steeds in sy eie 'Tab' behoue bly.
Sedert hierdie webwerf die eerste keer publiseer is het ek heelwat vordering gemaak met navorsing oor enkele van die verwante familiename wat op die bladsy oor die Familienaam en Wapen bespreek is. Volg een die onderstaande skakels om by hulle uit te kom.
Let Wel: Eggenotes wie se nooiensvanne onbekend is word met hulle (Man se van so in hakies) aangetoon in die register. Daar verskyn ook heelwat dames in die register wat dalk eggenotes (nie dogters) is nie, maar positiewe identifikasie is nog nie moontlik nie as gevolg van ontbrekende inligting
Die register is ‘n werk in wording en sal gereeld opdateer word. Dit bevat die name van elke man met 'n betrokke stamnaam soos hierbo wat ekself kon opspoor, en wat ek uit die belangrike bydraes kon onttrek van ‘n hele aantal vrywilligers, beide professionele navorsers en amateurs soos ekself, asook die geslagsregisters van verwante families. Dit bevat ook die name van aangetroude familie – die moeders van mans met die stamnaam of die eggenote van dogters met die stamnaam. Ek het probeer om sover moontlik die bloedlyn van elke persoon wat bygedra het tot ons genetiese poel terug te spoor tot by die eerste setlaar in Suidafrika, of selfs vroeër, waar die inligting beskikbaar is.
Vir die dogters met die stamnaam het ek gepoog om ten minste hulle eggenote en die se ouers aan te teken, sodat navorsers van die ander families die korrekte koppeling met die betrokke familie kan opspoor.
Suidafrika was ook nie die enigste bestemming vir emigrante van die families wat ek bestudeer nie. Hulle is nou te vinde in meeste wêreldlande, en daar so daar bv Hanekoms te vinde in Nieu Seeland, Australië, Namibië, Uganda, die VSA, Engeland, Irak, Dubai en selfs China.
Aangesien my dogters albei in Nieu Seeland woon (een getroud met 'n Afrikaner, die ander met 'n Kiwi), my een seun met 'n Engelse vrou in Skotland, die ander met 'n Duitse vrou in Duitsland, het dit tot gevolg dat my navorsing uitgebrei het na die aangetroude families in Nieu Seeland, Australië, Engeland en Duitsland, asook ‘n nuwe projek om die geslagsregister van familie wat in Duitsland agtergebly het op te teken.
Kontak my gerus vir enige vrae, regstellings of bydraes.
