Die Webwerf
Ek sou dit verkies dat die webwerf nie net ‘n blote herkou van geskiedkundige inligting moet wees nie, maar’n lewendige forum waar Hanekoms en hulle verwantes van reg oor die wêreld mekaar kan leer ken en kuier.
Hierdie bladsye sal poog om dit moontlik te maak deur die gebruik van ‘n besoekersboek, die moontlikheid van ‘n gereelde nuusbrief wat hier gelees kan word of per e-pos gestuur kan word, en verwysings na kuiernette elders (en selfs ons eie, indien daar genoeg belangstelling is) waar Hanekoms met mekaar kan kontak hê.
